Today's deals
Extra Time Deals
Everyday Essentials
Clearance
Gift Vouchers
Today's Deals
/
Media
save
-38%
Product media

Jaco JacobsZ is vir Zackie Afrikaans Leesreeks (10 Boeke)

R499

Retail: R800
About

Hierdie lekker Afrikaans leesreeks is perfek vir beginnerlesers. Titels in hierdie reeks: Die Rowwe Resies; Die Paddapoets; Die Beste Boomhuis; Die Perfekte Pizza; Die Pretpark; Die Tent-avontuur; Die Woeste Toertjie; Die Slymerige Slakke; Die Dieretuin; en Die Vreemde Fossiel.

Product Features

1. Die Rowwe Resies: Zackie en Vincent is baie opgewonde. Die skool gaan ’n kaskar-resies hou. Hulle kan nie wag om deel te neem nie! Maar Anton, die skool se boelie, het ook ’n splinternuwe kaskar. En hy het ’n nare plan om seker te maak dat Zackie en Vincent nie die resies wen nie...

2. Die Paddapoets: Een reënerige dag ontdek Zackie en Vincent ’n padda in die tuin. Hy is slymerig en vol vratte.Hulle hou sommer dadelik van hom. En hulle kry ’n briljante plan.Hulle gaan die padda saam skool toe vat.In hulle klas is ’n tweeling, Lina en Nina. Hulle gaan baie groot skrik vir die padda.Maar toe Anton die padda in die hande kry, is daar groot moeilikheid!

3. Die Beste Boomhuis: Zackie en Vincent bou ’n boomhuis. Dit gaan die beste boomhuis in Granaatstraat wees! Zackie se suster en haar maat wil ook daarin speel. Maar Zackie en Vincent is nie lus om op pienk kussings rond te sit en met teestelle te speel nie. Daarom maak hulle ’n bordjie waarop staan: GEEN MEISIES! Sal hulle die meisies uit hul boomhuis kan hou?

4. Die Perfekte Pizza: Zackie en Vincent gaan saam mark toe. Die mark is groot pret. Daar is allerhande oulike stalletjies waar hulle kan rondsnuffel. En daar is lekker kos. Hulle kan nie wag om die heerlike pizza te proe nie. Maar Anton, die grootste boelie in die skool, is ook by die mark. En hy is ook lus vir pizza! Hoe gaan Zackie keer dat Anton hulle pizza opeet?

5. Die Pretpark: Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein. Maar Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer!

6. Die Tent-avontuur: Zackie en Vincent is opgewonde. Hulle gaan saam met Zackie se pa kampeer. Die hele naweek lank gaan hulle visvang, voëls kyk en om die kampvuur kuier. Maar Anton en sy pa gaan ook vir die naweek kampeer. Anton is ’n boelie en hy terg graag ander kinders. Gaan hy dit regkry om Zackie en Vincent se naweek te bederf?

7. Die Woeste Toertjie: Zackie en Vincent wil aan ’n fotokompetisie deelneem. Die beste foto’s kan groot pryse wen. Zackie besluit om sy skaatsplank te gaan haal vir die beste aksiefoto ooit. Maar Anton, die boelie, het ander planne ... Zackie and Vincent decide to enter a photography competition. The best photos can win big prizes. Zackie fetches his skateboard for the best action photo ever. But Anton the bully has other plans.

8. Die Slymerige Slakke: Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke! Zackie en Vincent besluit om die slakke te vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle ’n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies! Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet ... Mrs Langenhoven’s garden is full of snails! Zackie and Vincent decide to catch the snails. It’s loads of fun! And they even get a reward for the hard work. Mrs Langenhoven bakes them some delicious cookies. But Anton the bully wants to eat all the cookies...

9. Die Dieretuin: Vandag is ’n spesiale dag. Zackie se klas gaan dieretuin toe! Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie. Maar Anton gaan ook saam. Anton is ’n boelie. Hy hou vreeslik baie van spog. En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.

10. Die Vreemde Fossiel: Zackie en Vincent is op soek na fossiele! Dalk is daar ’n T-rex in die tuin begrawe …Of ’n trikeratops in die parkie … Of ’n stegosourus op die sypaadjie! Almal dink hulle is laf. Daar is tog nie fossiele in Granaatstraat nie. Maar dan ontdek hulle iets fantasties!

read more
Another day another dollar

When you stop and think about it, there's really very little in the average day that makes it stand out as memorable.

Here's an example: what was the highlight of your day three days ago? Unless the timing works out perfectly and you just got hitched, chances are it's not that easy to remember.

But that's the way it has to be. By definition if everything was epic, nothing would be epic.

Except for us. We're special. Because we bet you remember everything you've ever bought from us and if you don't, please feel free to refresh your memory with today's latest deals.