Die padda stories is vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles.
Padda en die Voelgesang
Een pragtige herfsdag ontdek Padda 'n pikswart lyster wat roerloos op die grond le. Baie bekommerd wonder hy en sy vriende wat die voel makeer. Padda en die voelgesang is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. In hierdie treffende verhaal maak die diere op 'n eenvoudige dog mooi manier met die dood kennis en besef hulle hoe 'n groot voorreg dit is om te lewe.
Padda is Padda
Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie 'n talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders! Padda is padda is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik – dit maak hom nie beter of slegter as 'n ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.
Padda is Verlief
Padda voel vreemd. Hy het ’n versnelde hartklop, kry warm en koue gloede en wil lag en huil tegelyk. Dan besef hy: Hy is verlief op Eend! Maar daar is een probleem: Padda is groen en Eend is wit … Volgens Padda se maats is dit onmoontlik dat ’n groen padda en ’n wit eend mekaar kan liefhe. Maar Padda bewys aan sy maats dat liefde geen grense het nie. Padda is verlief is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, met 'n belangrike lewensles vir kinders so jonk as 3.
Padda en die Vreemdeling
Rot, 'n vreemdeling, slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies - Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie. Hulle waarsku vir Padda om weg te bly van hom af, want alle rotte is vuil, dom en grillerig. Maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat 'n verrassing! Rot kan lees en skryf en drie tale praat! Verder is hy altyd vrolik en hulpvaardig. Padda is baie hartseer toe Rot weer vertrek, maar Rot belowe om eendag terug te kom om 'n brug oor die rivier te bou ...Padda en die vreemdeling is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n waardevolle lewensles.
There are certain phrases that always come across a certain way, regardless of how you meant for them to come across.
For example, no matter how kind you intend to sound while saying it, there's no polite way to say 'I wasn't talking to you.' Nor is there a way to say 'Upgraded to stage 6' without sounding like all the hope has left your heart.
On the brighter side of that coin (although it would be difficult to be darker than stage 6 loadshedding) there's no way to say 'Bubbles' in an angry voice. The harder you try, the more enthusiastic you sound about bubbles.
Which is appropriate considering how nicely a glass of bubbly goes down from these Crane Crystal Stemless Champagne Glasses.