The ‘How to Train Your Dragon’ books were inspired by the summers I spent as a child on a tiny, uninhabited island off the west coast of Scotland.
The island had no roads, houses or electricity, and I used to imagine that there were dragons living in the caves in the cliffs.
There was no telephone or television, so I spent a lot of time drawing and writing stories. In ancient times, Vikings lived on that little island, and Vikings believed in dragons. - Cressida Cowell.
Hoe om jou Draak te Tem
Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde is 'n fantastiese swaardvegter, 'n draaktemmer en die beste Wikingheld wat al ooit gelewe het. Kan Harwarrus met 'n haasbekdraak die draak-inisiasieprogram slaag en boonop die Seedrakonius Kolossalikus Maksimus verslaan voordat die wreedaardige gedierte elke Wiking op die eiland Berk vermorsel? Dis tyd dat Harwarrus leer hoe om 'n held te wees.
Hoe om 'n Seerower te Wees
Die tweede boek in Cressida Cowell se gewilde Hoe om jou draak te tem-reeks. Kan die Wiking-held Harwarrus Horribalus die skat van Grombaard die Gruwelike vind voor Alvin die Verraderlike sy slinkse kloue daarop kry? En wat as Harwarrus 'n kis oopmaak wat se moenie oopmaak nie? Sal hy lewe om die storie te vertel?
Hoe om Drakonees te Praat
Harwarrus Horribalus Heldehelm die derde was ’n meesterlike swaardvegter en draakfluisteraar, en die grootste wiking-held wat nog ooit gelewe het. Tandloos is gevang, die nanodraak gaan opgevreet word en honger haaiwurms le op die loer. Harwarrus moet weer eens kophou en bewys hy's 'n held...
Hoe om 'n Draak se Vloek te Fnuik
Kan Harwarrus die teengif vir dodelike Gadderitis kry en teen die Doodstand baklei? Kan hy Brandalf die Besetene se byl oorleef en weer die held wees?
Hoe om 'n Storie Stert om te Draai
Die vuurklip is gesteel, die vulkaan ontplof en die Uitwisserdrake se swaardkloue is reg vir aanval! Kan Harwarrus almal weer met 'n heldedaad red?
n Held se Gids tot Dodelike Drake
Harwarrus verdwaal in die Grilgil Bibliotekaris se doolhof van die dood met ’n horde Deurboor-drake en Mallemaai die Moordman op sy spoor. Harwarrus se verjaardag is beslis nie so stil en rustig soos hy gehoop het nie.