Today's deals
Extra Time Deals
Everyday Essentials
Clearance
Gift Vouchers
Subscribe
Today's Deals
/
Media
save
-44%
Product media

Eerste LeesboekeAfrikaans Children's Educational Book Bundle (9 Books)

R379

Retail: R680
About

Hierdie mooi boek pak was spesifiek uitgesoek vir jong kinders wat begin lees en tel.
Help hulle om te lees en met hul skoolgereedheid (wiskunde-geletterdheid en geletterheidvaardighede) te ontwikkel met hierdie kleurvolle leesboeke en werkboeke.

Koel Eend en Baie Hoed by Elizabeth Dale

Koel Eend - Kat kry warm, maar dan sien hy vir Eend. Eend is koel!
Baie Hoede - Dit is ’n winderige dag. Jan en sy gesin dra baie hoede! Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Stout Hond & Nee Nellie Nee by Elizabeth Dale

Stout Hond - Stout Hond wil erens sit, maar hy is vol modder! Nee, Nellie, Nee! - Nellie gaan hou piekniek, maar sy will alles behalwe haar eie kos eet!

Hond in 'n Rok en Hardloop Tom Hardloop  by Katie Dale

Hond in ’n Rok - Die diere dra baie klere. Wie se klere is dit? Hardloop, Tom, Hardloop! - Tom hou van hardloop. Sal Tom die resies wen?

Die Hond en die Jakkals by Jenny Jinks

Dit is dag en Hond is wakker. Hond wil met Jakkals speel, maar Jakkals is aan die slaap. Sal Jakkals opstaan om te speel?

MY Eeerste Boek oor Letters by Angels Navarro / Laura Prim

Leer deur te speel! Elke boek in hierdie prettige reeks bevat meer as 20 raaisels of aktiwiteite, sowel as ?n dubbelblad vol plakkers wat oor en oor gebruik kan word. Met unieke kunswerk en handskrif-vriendelike lettertipe.

Soms voel ek Gelukkig by Maritha Snyman

Soms voel ek gelukkig is ’n wonderlike slaaptyd-storieboek wat aan klein kindertjies verduidelik dat dit aanvaarbaar is om soms sterk emosies te beleef. Die bladsye van hierdie wonderlike boek neem die leser op toer saam met vier jong vriendjies. Deur die loop van die dag ervaar hulle al die verskillende emosies en buie wat enige kind soms ervaar. Aan die einde van die boek gaan slaap hulle gelukkig en tevrede, omring deur liefde, en warm toegewikkel in hulle eie, veilige bedjies. Die illustrasies in die boek is helder en vrolik en dra die onskuld van die kind treffend oor. Soms voel ek gelukkig is een van die My eerste prenteboek-reeks wat dit ten doel het om ’n brug te slaan tussen kartonboeke vir babas en langer, tradisionele prenteboeke.

Voorsprong Wiskunde Jaar  4-5 by Jo Chambers / Voorsprong

Op soek na 'n reeks prettige boeke propvol aktiwiteite om jou kind ure lank besig te hou – en boonop te help met skoolgereedheid? Die Voorsprong Wiskunde-reeks is die antwoord! Hierdie kurrikulumgebaseerde reeks boeke is ontwerp om jou kind by te staan met die ontwikkeling van sleutelvaardighede vir basiese wiskunde-geletterdheid. Elke boek is propvol plakkers en nuttige wenke. Die aktiwiteite, ge-skryf deur onderwyskenners, is ontwerp om kinders se selfvertroue ’n hupstoot te gee.

Voorsprong Afrikaans Jaar 5-6 by Carrie Lewis / Voorsprong

Voorsprong Afrikaans is die perfekte werkboek om kinders se geletterheidvaardighede te help ontwikkel. Hierdie boek is propvol plakkers en nuttige wenke. Die aktiwiteite, ge-skryf deur onderwyskenners, is ontwerp om kinders se selfvertroue ’n hupstoot te gee.

A is vir Appel by Vicky Davis

A is vir appel, kraakvars in jou mond. Eet een elke dag, dan bly jy mooi gesond! Groot A se bene staan wydsbeen op die grond. Klein a se magie is so boep en rond. Vrolike rympies, prettige illustrasies en kleurvolle foto’s maak dit maklik en lekker om die ABC te leer! Hierdie boek sal kleuters help om al die letters van die alfabet te leer herken en klanke en eerste woorde daarmee te assosieer. Eenvoudige rympies help kinders ook onthou hoe elke letter gevorm word. Van A tot Z – dis groot pret!

read more
24 hours isn't exactly a lot of time

Unless you're Jack Bauer, of course. Which you aren't. He's fictional - and unless artificial intelligence has come a long way in a short space of time, you're very much real.

If you consider yourself a professional procrastinator, 24 hours is barely enough time to read your emails, let alone respond. Especially if you sleep the recommended ten hours a night.

But it's all we give you to capitalise on our great deals.

And you've just wasted five minutes reading this and wondering how to make the simple act of email reading last a full work day.