This fantastic book bundle consists of eight assorted Afrikaans childrens books, including hardcover story books and softcover colouring / activity books.
Klein Grillie Spinnekop - Kom, Ons Speel Skool!
Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees? 'n Meevoerende prenteboekavontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.
Klein Grillie Spinnekop - Vakansie by die See
Klien Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan hy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek? Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoesandduine vorm en nog baie meer.
Klein Grillie Spinnekop - My plaasvakansie-aktiwiteitsboek
Klein Grillie Spinnekop kan al sy eie web spin, net waar hy wil. Hy reis deur die wereld en besoek elke dag ’n ander plaas. Daar is soveel om te ontdek en te verken! Saam met sy maatjies beleef hy spannende avonture. Hy speel wegkruipertjie saam met die kuikens, ondersoek dierespore in die modder en vleg Paula die perd se maanhare. Het jy lus om saam te speel? Gryp jou potlode en kom kleur in, los raaisels op en raak kreatief saam met Klein Grillie Spinnekop!
Klein Grillie Spinnekop - My inkleur- en speletjiesboek
Klein Grillie Spinnekop het baie maatjies en ’n groot familie. Hy kan glad nie verstaan waarom mense bang is vir spinnekoppe nie. Mamma, Pappa, Oom Langbeen, Tant Fiena, Spiere, Pikkie en al die ander spinnekoppe is dan glad nie so grillerig nie! Hulle kuier graag by mekaar, maak prentjies met hul spinnerakke, vertel stories, speel speletjies of bou legkaarte. Speel jy saam? In hierdie boek kan jy saam met Grillie en sy maatjies allerhande dinge maak, prentjies inkleur en raaisels oplos.
Mooihoekbos - Die nuwe maatjie
Die lang somervakansie is verby.Die kinders is baie opgewonde om terug skool toe te gaan, veral omdat n daar n nuwe klasmaatjie is! Maar wat mekeer hom? Hy is stoot, trek die vreeslikste gesigte en karnuffel die kleintjies...
Meneer Klaasneus Se Reusagtige Vriend - Aktiwiteitsboek
Vroee kinderopvoeding vereis produkte van hoe gehalte om hierdie belangrike veld aan te spreek. David du Plessis, outeur van Meneer Klaasneus se reusagtige vriend – ’n aangrypende slaaptydstorie oor avontuur en gelukkige eindes – het ’n aktiwiteitsboek voortgebring wat saam met die storieboek, of as ’n afsonderlike projek vir jong leerders gebruik kan word.
Met 32 bladsye vol inkleurprente en raaisels om op te los, en ’n dubbelblad vol kleurvolle plakkers, sal hierdie aktiwteitsboek kinders vir ure vermaak terwyl hulle terselfdertyd leer. Die aktwiteitsboek: bewerkstelling herkenning van vorms, patrone en volgordes; ontwikkel hand-oog-koordinasie; stel syfers en letters bekend; bied ’n maak-dit-self-papierspeelding; bied basiese feite oor klaasneuse en die bosveldlewe en leer respek vir die natuur. Daar is ook skakels tot ’n webwerf waar nog raaisels afgelaai word vir self snog meer pret.
Katjie: 'n Verliefde Katjie
Dit is die storie van ’n katjie wat onkant gevang word deur ’n vreemde emosie: Sy wange bloos en vlinders fladder in sy magie ... Wat gaan met hom aan? Dit is nie net die storie van ’n katjie wat halsoorkop verlief is nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy kan leer hoe om rustig te wees, al woel vlinders in jou maag rond. Dis mos lekker om verlief te wees! Ontspanningsterapie gee speelse wenke aan die kind om in beheer van sy eie liggaam en emosies te wees. Dit gee die kind selfvertroue deur sy eie superkragte te ontdek ...
Katjie: 'n Onrustige Katjie
Dit is die storie van ’n katjie wat die hele dag tekere gaan en met slaaptyd nie vaak is nie! Hoe nou gemaak? Dit is nie net die storie van ’n katjie wat nie wil gaan slaap nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy kan leer hoe om rustig te wees, dis mos lekker om te slaap en mooi drome te droom! Ontspanningsterapie gee speelse wenke aan die kind om in beheer van sy eie liggaam en emosies te wees. Dit gee die kind selfvertroue deur sy eie superkragte te ontdek
Our remarkable ability to remember quotes from practically any movie, and our skill in catering to almost any person in South Africa.
The latter is the harder of the two, because A) we haven't met everyone in the R of SA and 2) our personal tastes can hardly be used as a benchmark for things other people may enjoy.
Still, through sheer determination and never-miss-an-episode viewings of 7de Laan, we like to think we hit the proverbial nail on the head more often than not.
And in the almost unfathomable event that we're completely wrong and nothing on our cyber-shelves appeals to you, we'd like to leave you with the following gem from Lord of the Rings:
"Use the force, Harry." - Edward Cullen.