Today's deals
Extra Time Deals
Everyday Essentials
Clearance
Gift Vouchers
Today's Deals
/
Media
save
-45%
Product media

Afrikaans Recipe BooksBord & Saam (2 Books)

2 Books
2 Books

R249

Retail: R450
About

Bord is in slegs drie hoofstukke ingedeel – Vleis, Pluimvee en Seekos – en die resepte wissel van bekende klassieke tot moderne geregte, meestal met ’n kontinentale invloed. SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word. 

Product Features

Bord

Die resepte in dié boek kan elke dag van die week gebruik word vir daardie een hoofmaaltyd wat ons elke dag voorberei, hetsy ons vir die gesin kook of vriende vermaak. Bord is in slegs drie hoofstukke ingedeel – Vleis, Pluimvee en Seekos – en die resepte wissel van bekende klassieke tot moderne geregte, meestal met ’n kontinentale invloed. Alles word voorberei met die skrywer se flair vir tuisgemaakte, hartlike en lekker etes.
Bord is die perfekte geskenk vir diegene wat huis opsit en relatief onervare in die kombuis is, maar selfs gesoute kokke sal inspirasie in dié boek vind.

Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte

Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.

read more
Don't leave home without it!

We've all been there. We get to the fancier-than-the-rest grocery store, fill our trolleys with premium goods, get to the oh-so-friendly checkout lady and realise, only when they ask, that no, we did not bring our own bag, and now have to cough up a few extra ZAR for one of those fancy material ones. Plastic is not an option here. We get home and add it to the pile that already exists in the kitchen, swearing we will remember to leave a couple of them in the car for next time.

Speaking of bags, our deal on this duffel bag from Woodstock Leather is just another example of the kind of premium bag that you definitely never want to leave home without. Bag it!