Today's dealsEveryday EssentialsClearanceGift VouchersSubscribe
Today's Deals
/
Media
save
-37%
Product media

StorietydAfrikaans Kinder Stories (8 Boeke)

8 Boeke
8 Boeke

R429

Retail: R680
About

With beautiful illustrations and engaging text, children will love listening to these stories.

Product Features:

Laura se Ster

Laura kan weer nie aan die slaap raak nie. Sy kyk by die venster uit en sien 'n sterretjie reg voor haar huis op die sypaadjie val. Laura gaan haal die sterretjie en vat dit na haar kamer toe. Maar die volgende oggend is die sterretjie skoonveld ... Hoe Laura haar wedervaringe met die sterretjie ervaar en hoe jy dikwels van dinge waavoor jy lief is, moet afskeid neem, word met deernis en begrip in hierdie verhaal van Laura en haar ster vertel.

Laura se Sterrereis

Elkeen het sy eie ster, daarvan is Laura seker. Maar hoe staan sake met haar boetie Tommie se Pas-My-Op-Hondjie? Het 'n speelgoedhondjie ook sy eie ster? Om dit uit te vind, bou Laura en Tommie hulle eie ruimtetuig om na die sterre toe te vlieg. Of hulle die ster vind, en die tweetjies se wedervaringe op hule sterrereis, word liefdevol in hierdie verhaal vertel.

Miko: Staan op, Mamma! Kom speel!

Elke mamma ken dit goed: Die moregroet. Alles en almal is nog in Droomland. Dis net Kleinding wat reeds wakker is en wil speel ... Miko se mamma wil ook graag nog 'n bietjie slaap. Ten minste net totdat die wekker lui. Maar wat sal Miko nou intussen doen? 

Miko: Bad? Ag Nee!

Na ’n bedrywige dag in die buitelug moet Miko dringend in die bad kom. So reken Mamma altans. Miko sien die saak egter anders. Hy verdwyn, en as hy opgespoor word, oortuig hy Mamma dat bad glad nie ’n goeie plan is nie. Maar dan begin hy tog wonder...

Albertus die Jakkalsie: Dis nie maklik om 'n ouboet te wees nie

Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak. Gelukkig is Pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om ’n ouboet te wees nie. 

Albertus die Jakkalsie: Die Verjaardagverrassing

Vandag is Albertus se verjaardag, maar hy wil nie groot word nie! Hy besluit om weg te kruip sodat niemand hom kan gelukwens nie. Maar sonder ’n verjaardag ... sonder ’n koek ... sonder geskenke ... Hy begin nou wonder ... Miskien is dit tog nie só sleg om groot te word nie! 

Albertus die Jakkalsie: 'n Dag op die Plaas

Vandag neem oupa Takbok vir Albertus en sy maatjies op ’n uitstappie! Hulle sien al die hele week na hierdie dag uit, maar hoe hard hulle ook al probeer om uit te vind waarheen hulle gaan, oupa Takbok hou dit ’n groot verrassing.

Albertus die Jakkalsie:..wil nie slaap nie

Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie! O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak! Pappa besluit om nie kwaad te word nie. Hy het ’n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras.

read more