Today's deals
Extra Time Deals
Everyday Essentials
Clearance
Gift Vouchers
Today's Deals
/
Media
save
-51%
Product media

StorietydAfrikaans Kinder Stories (8 Boeke)

8 Boeke
8 Boeke

R479

Retail: R980
About

This custom bundle consists of 2 Afrikaans book series, Miko, and Albertus die Jakkalsie. With beautiful illustrations and engaging text, children will love listening to these stories.

Miko: Staan op, Mamma! Kom speel!

Elke mamma ken dit goed: Die moregroet. Alles en almal is nog in Droomland. Dis net Kleinding wat reeds wakker is en wil speel...

Miko se mamma wil ook graag nog 'n bietjie slaap. Ten minste net totdat die wekker lui. Maar wat sal Miko nou intussen doen?

Miko: Dit was ek, Mamma!

Elke mamma het dit al beleef - as sy by die huis kom, het daar iets skeefgeloop. Maar die skuldige het spoorloos verdwyn...

Miko het ook iets doms aangevang. En nou is hy te bang om dit vir Mamma te vertel. Gelukkig help sy maatjie Mimikie hom uit die penarie!

Miko: Bad? Ag Nee!

Na ’n bedrywige dag in die buitelug moet Miko dringend in die bad kom. So reken Mamma altans. Miko sien die saak egter anders.

Hy verdwyn, en as hy opgespoor word, oortuig hy Mamma dat bad glad nie ’n goeie plan is nie. Maar dan begin hy tog wonder...

Miko: Verjaarsdag, jippiee!

Verjaarsdae is pret! Die lekkerste is natuurlik die presente wat 'n mens kry.

As 'n mens vrygewig wil wees, kan jy ook jou presente met iemand deel. As Miko nou net iets tussen sy presente kan kry waarmee hy vir iemand anders ook kan bly maak...

Albertus die Jakkalsie: Dis nie maklik om 'n ouboet te wees nie

Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak.

Gelukkig is Pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om ’n ouboet te wees nie.

Albertus die Jakkalsie: Die Verjaardagverrassing

Vandag is Albertus se verjaardag, maar hy wil nie groot word nie! Hy besluit om weg te kruip sodat niemand hom kan gelukwens nie.

Maar sonder ’n verjaardag... sonder ’n koek... sonder geskenke... Hy begin nou wonder... Miskien is dit tog nie só sleg om groot te word nie!

Albertus die Jakkalsie: 'n Dag op die Plaas

Vandag neem oupa Takbok vir Albertus en sy maatjies op ’n uitstappie! Hulle sien al die hele week na hierdie dag uit, maar hoe hard hulle ook al probeer om uit te vind waarheen hulle gaan, oupa Takbok hou dit ’n groot verrassing.

Albertus die Jakkalsie: ... wil nie slaap nie

Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie! O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak!

Pappa besluit om nie kwaad te word nie. Hy het ’n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras. 

read more