Today's dealsEveryday EssentialsClearanceGift VouchersSubscribe
Today's Deals
/
Media
save
-29%
Product media

Dr SeussAfrikaans Hardcover Book Collection (4 Books)

4 Books
4 Books

R499

Retail: R700
About

Met die snaakste stories, die dolste diere en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees Lekker!

Daar's 'n Grak in my Sak

Dink jy ook soms daar's 'n graai in jou laai of 'n flerefas in jou klerekas? Kom saam met Dr. Seuss op 'n onsinnige avontuur, van grakke in sakke tot glipperjantjies in snippermandjies! Was daar al ooit 'n grak in jou sak? Of 'n benster in jou venster? Wat van 'n noeknak op jou boekrak? Met 'n kombinasie van skreeusnaakse stories, lawwe karakters en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees pret. Lees Dr. Seuss se gewilde There's a Wocket in My Pocket vir die eerste keer in Afrikaans!

Hier Kom Die Kat

Ons kyk ... By die deur is 'n harige voet! Ons kyk ... Hier kom die kat met die hoed! Toe die kat met die hoed by Sonja en haar boetie kom kuier, verander hul rustige, netjiese huis in 'n holderstebolder speelplek. Hier kom die kat (oftewel The Cat in the Hat) is een van Dr. Seuss se gewildste kinderboeke. Hierdie is 'n nuwe Afrikaanse uitgawe, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.

Kat Kom Terug

Wel ... Ons werk dat dit klap. Ons vorder heel goed. Maar wie kom hier aan? Dis die kat met die hoed! Die kat met die hoed is terug met 'n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog 'n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is 'n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.

O' Die Dinke wat jy Kan Dink

Jy kan dink aan voëls. Begin sommer nou. Jy kan dink aan geel. Jy kan dink aan blou ... Dink links en dink regs, dink heen en dink weer. O, die DINKE wat jy kan dink, as jy net wil probeer! Leer om jou verbeelding te gebruik en ontdek al die dinge wat jy kan DINK met 'n bietjie hulp van Dr. Seuss. Lees Dr. Seuss se gewilde Oh, the Thinks You Can Think! vir die eerste keer in Afrikaans!

read more