Today's deals
Extra Time Deals
Everyday Essentials
Clearance
Gift Vouchers
Today's Deals
/
Media
save
-40%
Product media

AsterixAfrikaans Graphic Novels (10 Boeke)

10 Boeke
10 Boeke

R899

Retail: R1,500
About

The Asterix comic book series… it has been the sensation of the publishing world for 60 years while the character Asterix has become a mythical figure, a symbol throughout the world for all who resist the influence of Empires trying to impose their will and law on others.

René Goscinny explained that his hero's name, with its initial «A», was a clear advantage with regard to alphabetic classification in any future comic book encyclopaedia, but did he ever imagine that his tiny Gaul would also change comic book history?

Throughout his adventures, where his legendary wile and the precious magic potion concocted by the druid Getafix allow him to escape from the direst situations, often covered with glory, Asterix has made off with Caesar's laurel crown, won a gold medal at the Olympic Games (without the benefit of the magic potion, if you please!) and completed with honours the 12 tasks as decreed by Caesar one day when he was foolish enough to risk a bet with our incorrigible Gauls.

Asterix Die Gallier

Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum...

Asterix en die Goue Sekel

n Ramp het Asterix en Obelix se Galliese dorpie getref: Abrakadabrix, die druide, se goue sekel het gebreek. Sonder sy goue sekel kan hy nie die jaarlikse druide-saamtrek bywoon nie – of voelent oes vir die towerbrousel waarmee die Romeinse legioene afgeweer moet word nie. Asterix en Obelix word afgevaardig om al die pad Lutetia toe te reis om ’n nuwe sekel te gaan koop... maar die paadjie daarheen loop natuurlik nie sonder avontuurlike kronkels nie.

Asterix en die Gote

Oeps, dit het weer gebeur: Kasterolix is ontvoer. Hierdie keer deur ’n wilde bende Gote. Asterix en Obelix moet inderhaas die grens na Germanië oorsteek om hul geliefde druïde te bevry. Maar in die proses om Kasterolix te red, veroorsaak Asterix en Obelix ’n hele reeks bende-oorloë onder die Gote … Asterix en die Gote is die derde boek in die gewilde Asterix-reeks.

Asterix die Gladiator

Ag nee! Die Romeine het Liederlix gevange geneem om vir Caesar as 'n geskenk te gee. En Caesar is van plan om hom vir die leeus te gooi. Daar is net een manier waarop Asterix en Obelix die dorpsanger kan red: hulle moet gladiators word!

Asterix en die Feesmaaltyd

Die Romeine rig 'n reuseheining op om die klein Galliese dorpie waarin Asterix en Obelix woon, af te kamp van die res van Gallie. Asterix gaan 'n weddenskap aan dat hy en Obelix die ganse Gallie sal toer en delikatessen uit dorpe sal saambring as bewys dat geen Romein hulle kan afsonder nie!

Asterix en Cleopatra

Caesar beskuldig Cleopatra daarvan daar haar volk agteruitgegaan het. Cleopatra is woedend, en beveel dadelik haar beste argitek om binne drie maande 'n spoggerige nuwe paleis vir Caesar te bou. Om so 'n onmoontlike taak te verrig, benodig die argitek dringend die hulp van Kasterolix en sy towerkuns.

Asterix en die Groot Geveg

Die Galliese hoofman Disvimygrix omhels die Romeinse kultuur met groot entoesiasme. Die Romeine sien dit as 'n gulde geleentheid om 'n idee by hom te plant: Hulle vra hom om die Galliese hoofman Allamapstix tot 'n stamhoofgeveg uit te daag. Die hoofman wat wen, neem beheer oor die ander stam. Gewoonlik sou Disvimygrix nie waag om Allamapstix uit te daag nie, maar die druïde, Kasterolix, is buite aksie. Obelix het hom raakgegooi met 'n menhir. Nou kan Kasterolix nie onthou hoe om die towerbrousel te maak wat Allamapstix se stam onoorwinlik sal maak nie. Daar is 'n groot kans dat Disvimygrix die groot stamhoofgeveg sal wen en beheer van Asterix se stam sal oorneem...

Asterix in Britannie

Britannië is in die mag van die Romeine, maar een dorpie bied nog dapper weerstand. Hulle posisie is egter benard. Een van die Britte, Sturefax, is 'n kleinneef van Asterix en hy reis Gallië toe om hulp te vra. Asterix en Obelix is natuurlik gretig om te help en hulle reis met 'n vaatjie vol van Kasterolix se brousel saam met Sturefax na Britannië. Hulle trotseer mis, reën, lou garsbier en gekookte wildevark met kruisementsous. Ongelukkig verloor hulle die vat met towerdoepa en dit is 'n stryd teen die Romeinse goewerneur Cosus Oppiprimus oor wie eerste die vat in die hande gaan kry...

Asterix en die Noormanne

Olaf Grotentaf, die gevreesde leier van die Noormanne, ken geen vrees nie. Daarom wil hy by 'n bangbroek leer wat vrees is, want hy dink dit laat 'n mens vlieg. Hy en sy manne doen aan by die Galliese kus en ontvoer vir Spiekerix, Allamapstix se kleinneef. Hy moet hulle leer wat vrees is. Weer eens moet Asterix en Obelix inspring om hul hoofman se nefie te red.

Asterix die Legioensoldaat

Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op 'n keer en dwaal rusteloos rond. Die druide sien 'n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar. Die beeldskone Tierlantyn het kom kuier - en Obelix is dolverlief. Ongelukkig is Tierlantyn reeds verloof, en baie hartseer, want haar verloofde, Melodramatix, het as legioensoldaat in Afrika soek geraak. Natuurlik bied ons helde, gebroke hart maar dapper gemoed, die tog na Afrika aan om haar geliefde te red.

read more