God se groot plan vir my.
Veertig gewilde Bybelstories om kinders hul Godgegewe doel hier op aarde te leer – van Adam en Eva tot Jesus se wonderwerke.
Pastoor Rick Warren se topverkoper Die doelgerigte lewe het meer as 32 miljoen eksemplare verkoop. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek. Deur die verhale van karakters soos Moses, Josef, Daniël, Ester en Dawid vind kleintjies elke dag uit wat God van hulle verwag en
hoe hulle moet leef.
Van die temas sluit in:
Liriese teks, pragillustrasies en nuttige punte vir bespreking en nadenke aan die einde van elke storie, sal
verseker dat kleuters nie kan wag om te ontdek wat hul lewensdoel is nie.
God se groot liefde vir jou.
God se groot liefde vir jou deur die New York Times-topverkoperskrywer en bekende pastor Rick Warren neem kinders op ’n fantasiegevulde hartsreis waarin hulle ontdek God se liefde is by jou, maak nie saak waarheen jy gaan nie.
Die pragtige illustrasies deur Chris Saunders bring hierdie belangrike, tydlose boodskap nog sterker tuis, en sal hierdie boek aand-vir-aand kinders se voorkeurkeuse vir ʼn slaaptydstorie maak.
Rick Warren is ’n pastor, skrywer en filantroop. In 1980 stig hy en sy vrou, Kay, die Saddleback Church in Kalifornië wat vandag uit 30 000 lidmate bestaan, met
meer as tien satellietkampusse dwarsoor die wêreld. Sy bekendste boek, The Purpose DrivenLife , het 33 miljoen eksemplare verkoop. As teoloog het hy alklas gegee by Oxford, Cambridge, Harvard sowel as dosyne ander universiteite en kweekskole.
Hy is ook ’n strateeg wat al praatjies gelewer het voor die Verenigde Nasies, die Amerikaanse kongres, die Davos Ekonomiese Forum, die Aspen-instituut en talle parlemente.
Chris Saunders is ’n bekroonde illustreerder wat graag stories vertel met sy kunswerke. Hy het aan die Universiteit van Northampton studeer en eers grafiese ontwerp gedoen voordat hy hom op kinderboeke begin toespits het. Hy skep graag sagte, atmosferiese tekeninge in digitale formaat, maar sy waterverf en potlode is nooit ver weg nie.