Richard McClure Scarry (1919-1994) was 'n wêreldbekende en gewilde Amerikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder wat meer as 300 boeke gepubliseer het waarvan 300 miljoen eksemplare verkoop is. Scarry is in Boston, Massachusetts gebore. Ná skool het hy aan die School of the Museum of Fine Arts in Boston gestudeer. Sy studies is onderbreek deur die Tweede Wêreldoorlog en na die oorlog het Scarry by verskillende tydskrifte se kunsdepartemente gewerk voordat hy sy suksesvolle loopbaan as illustreerder van stapel gestuur het.
Motors, Trokke and Alles wat Ry
Kom val in die pad saam met Richard Scarry - skrywer van treffers soos My eerste boek van ALLES! en Die beste rympies ooit. Met Scarry se gebruiklike humor en verbeeldingrykheid as gids reis ons jong lesers saam met die Oink-gesin na die strand. Op pad maak hulle kennis met honderde rytuie - van ambulanse tot goggabusse!
My Eerste Boek van Alles
Hier is dit nou! 'n Heerlike, groot eerste konsepteboek wat meer as 700 woorde aan kinders bekendstel. Die lieflike Scarry-karakters is terug om konsepte soos tel, kleure, die alfabet, goeie maniere en groottes vir die kleingoed te leer.
My Eerste Groot Woordeboek
In Richard Scarry se My Eerste Groot Woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad.
Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op ’n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei.
Wat Doen Mense Elke Dag?
Wat doen mense elke dag? Richard Scarry se innoverende leer-en-speelboek beeld mense uit in hulle werksomgewings. Op ’n prettige wyse word daar geleer oor beroepe en wat dit presies behels. Wat doen ’n bakker? Hoe word brood gebak? Wie bou paaie? Hoe teer hulle die pad? Verder kan honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge geleer word.